Local newsNews

Die tyd vir Aardklop is naby

Talle Parysenaars sal ook weer vanjaar 'n draai by dié fees maak.

Potchefstroom se immergewilde  Aardklop Nasionale Kunstefees is om die draai en mense ver en wyd
sien uit om dié fees by te woon. Die fees is vanjaar van 24 tot 29 September in Potchefstroom.

Die fees bestaan hoofsaaklik uit Afrikaanse teater, musiek, kabaret en visuele kunste. Die geleentheid trek jaarliks meer as 700 kunstenaars en nagnoeg 150 000 feesgangers.

 

Aardklop het in 1998 begin en hierdie jaar sal die 26ste jaar wees wat die fees in Potchefstroom
gevier word.

Bekendes soos Bobby van Jaarsveld, Early B, Elvis Blue en Refentse sal by vanjaar se fees optree.
Daar sal ook vele stalletjies, heerlike kos, bier- en wynfeeste, asook springkastele en kindervermaak
wees.

Cobus Van Wyk, ‘n kunstenaar en inwoner van Parys, sê hy was net voor Covid laas by die Aardklop
gewees, maar gaan hierdie jaar sy kuns uitstal. “Die fees is regtig baie lekker. Die atmosfeer is wonderlik, die mense is vriendelik en die student is stout. Dit is wat hierdie fees so uniek maak.”

Cobus en sy handewerk. Foto: Tania Coetzee

Related Articles

Back to top button