Local newsNews

Musiekkunstenaars sterf in tragiese botsing

Die name van die oorledenes is nog nie amptelik bekendgemaak nie en is mense gevra om die privaatheid van die families te respekteer.

‘n Botsing op die N1 sowat 10km vanaf die Engen One Stop naby die Koppies-afrit, het vanmiddag die lewens van drie mans ge-eis. Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid het bevestig dat die oorledenes bekende musiekkunstenaars was.

Die name is nie bekendgemaak nie, en is gevra dat die publiek die privaatheid van die familie sal respekteer.

Die ongeluk het net voor 13:00 vamiddag gebeur toe ‘n motor en ‘n vragmotor gebots het. Daar was vyf insittendes in die motor insluitend die drie oorledenes en nog twee persone, onder wie ‘n man en ‘n vrou, wie se beserings kritiek en ernstig is. Beide is na die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad vervoer.

Mvambi het gesê dat voorlopige inligting daarop dui dat beide voertuie in die rigting van Kroonstad onderweg was

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button