Local newsNews

Diewe dra selfs kerkklok weg

Die kerk vra dat sou enigeen inligting het wat kan help om die skuldiges vas te trek, dit aan die polisie in Tumahole gerapporteer moet word waar die diefstalklagte aangemeld is

Die NG gemeente in Schonkenville het groot skade nadat daar verlede week twee keer by die kerkgebou ingebreek is en selfs die kerkklok gesteel is. Waterpype en elektriese bedrading is uitgeruk, en skade aan die badkamers aangerig.

Selfs die plafon is beskadig wat net enkele maande tevore vervang is toe die kombuis in Oktober 2023, danksy skenkings oorgedoen en nuwe kombuisteƫls en rakke ingesit is.

Die eerste inbraak was verlede Dinsdag toe daar deur die dak toegang tot die kerkgebou gekry is, Vrydagaand was die diewe terug.

DiĆ© keer het hulle by ‘n venster ingekom en probeer om die wasbak in die kombuis uit te breek. Hulle kon nie die wasbak uitkry nie, maar die waterpype is so beskadig dat water deur die nag oor die kombuisvloer, en in die kerk ingestroom het.

Waterpype is beskadig en elektriese bedrading deur die diewe uitgeruk en weggedra.
Daar is groot skade in die badkamers aangerig.

Die kombuis en kerk is in dieselfde gebou.

Die skade is ontdek toe daar Saterdagoggend oopgesluit is om skoon te maak vir Sondag se diens.

Die kerk vra dat sou enigeen inligting het wat kan help om die skuldiges vas te trek, dit aan die polisie in Tumahole gerapporteer moet word waar die diefstalklagte aangemeld is

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button