Local newsNews

Motordief loop hom vas tydens soektog na koperdiewe

Terwyl polisielede van die Fezile Dabi distrikspan verlede week op die spoor van ‘n koperdief in Sebokeng was, is inligting gekry van ‘n Hyundai i20 wat saam met ‘n Toyota bakkie beweeg het wat vermoedelik in Vaalpark gesteel is. Kort voor lank is die voertuie opgemerk en kon die Toyata bakkie voorgekeer word. Daar is …

Terwyl polisielede van die Fezile Dabi distrikspan verlede week op die spoor van ‘n koperdief in Sebokeng was, is inligting gekry van ‘n Hyundai i20 wat saam met ‘n Toyota bakkie beweeg het wat vermoedelik in Vaalpark gesteel is.
Kort voor lank is die voertuie opgemerk en kon die Toyata bakkie voorgekeer word. Daar is beslag gelê op die bakkie, en ‘n 32-jarige man is in hegtenis geneem. Die verdagtes met die Hyundai i20 het egter weggekom.
Die verdagte het in die Sasolburgse landdroshof verskyn op ‘n klag van motordiefstal, het polisiewoordvoerder sers Josephine Rani gesê

Related Articles

Back to top button