NewsSport

Dis gelykop vir SA o.19’s teen die Ausies

Daar bly nog drie wedstryde oor vir die SA 0.19 onderwaterhokkiespan by hul kragmeting in Maleisië waar die wêreldkampioenskappe tans gehou word.

Suid-Afrika se 0.19 onderwaterhokkiespan het vanoggend gelykop gespeel teen die span van Australië by die wêreld onderwaterhokkie-kampioenskappe wat tans in Maleisië beslis word. Ewan Stoltz van Parys is deel van die span van elf wat hul land verteenwoordig.

Die span het nou reeds vier wedstryde by die wêreldkampioenskappe gespeel.

Die Suid-Afrikaners wen hul wedstryd teen Amerika, maar moes die knie buig voor hul teenstanders in die ander drie wedstryde.

Die foto van Ewan en sy o.19 SA-spanmaats is geneem voor hul eerste wedstryd teen Nieu-Seeland,

As die Suid-Afrikaanse o.19-span daarin kan slaag om hul oorblywende drie wedstryde te wen, kan hulle steeds onder die top 4 spanne eindig vir die kwarteindrondtes en semi-finaal.

Die SA o.19-span se eerste wedstryd by die wêreldkampioenskappe was Saterdag teen Nieu-Seeland.

Parysenaar Ewan Stoltz is deel van die SA 0.19 onderwaterhokkiespan wat tans aan die wêreldkampioenskappe in Maleisië deelneem.

Suid-Afrika word by die kampioenskappe verteenwoordig deur ‘n mans en dames o.19 span asook ‘n mans en dames 0.24 span. By die o19’s is daar spanne van agt lande wat kragte meet.  Die finale wedstryde  word op 27 Julie gespeel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button