Local newsNews

Inwoners mag nie gestraf word vir munisipale waterskuld

Die munisipaliteite het glo intussen wel betalings aan die waterverskaffer gemaak

“Inwoners van die Matjhabeng- en Nala-plaaslike munisipaliteite mag nie gestraf word vir dié munisipaliteite se opgehoopte waterskuld aan die waterverskaffer Vaal Sentraal nie.” So sê die Vryheidsfront Plus se LPW in die Vrystaat, Armand Cloete.

Cloete sê die party  is bewus van Vaal Sentraal se voorneme om watertoevoer na dié munisipaliteite te beperk weens agterstallige waterskuld.

Die Matjhabeng munisipaliteit skuld Vaal Sentraal meer as R6,7 miljard terwyl die Nala munisipaliteit se skuld meer as R390 miljoen verloop.

Die VF Plus het die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Teboho Mokoena, hiervan in kennis gestel en sal op provinsiale en munisipale vlak druk toepas om te verseker dat die munisipaliteite hul verpligtinge teenoor inwoners en die waterverskaffer nakom, sê Cloete.

Die munisipaliteite het glo intussen wel betalings aan die waterverskaffer gemaak ná druk op beide munisipale bestuurders.

“Die tyd het aangebreek dat wanfunksionele munisipaliteite in die Vrystaat vir hulle mislukkings verantwoordbaar gehou word en stappe teen amptenare geneem word wat nie in die belang van inwoners optree nie,” het die party in sy verklaring gesê.

 

 

Related Articles

Back to top button