Local newsNews

Kabaret van kleur en klank vir oud en jonk

Jong dansers van Parys skitter op die verhoog

Jong dansers van Parys sal op 25 Julie in ‘n spesiale kindervertoning op die verhoog wees by Snowflake in Potchefstroom, vir die produksie, SpieĆ«ltjie SpieĆ«ltjie wat aanvanklik ten bate van die Dienssentrum in Potchefstroom aangebied is.

Die dansproduksie word aangebied deur Dans Sirkel en is ‘n kabaret van klank, kleur en beweging met ‘n heerlike potpourri wat verskillende dansvorme, mimiek en storievertelling insluit.

Die familie-vriendelike fantasie beeld ‘n reis uit na ‘n droomwĆŖreld waar mitiese figure, troebadoers en ‘n towerspieĆ«l hul verskyning maak.

Die verhaal gaan oor selfontdekking ā€“ ‘n metamorfose waartydens jy jou donker kokon agterlaat om vreesloos jou vlerke te sprei.

Deelnemers aan die produksie wissel in ouderdom van 9 tot 77.

Na die positiewe reaksie van die gemeenskap van Potchefstroom en omliggende dorpe met die eerste vertoning, is besluit om die kindervertoning om 15:30 op 25 Julie by Snowflake aan te bied. Kinders kry ‘n spesiale pakkie met die vertoning.

Om 18:00 is daar ‘n aandvertoning. Konsertgangers sal kan warm word met ‘n glasie sjerrie, heerlike sop en broodjies. Gebruik die skakel snowflaketickets.com, om aanlyn kaartjies te koop en ondersteun so die groep talentvolle dansers.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button