Local newsNews

Dit kan ons by voëls leer

Anders as mense is voëls ook meer aanpasbaar by veranderende omstandighede.

As dit by kommunikasie en spanwerk kom is daar baie te leer by voëls. Swaels vlieg in ‘n swerm heen en weer, maar bots nie.

Anders as mense is voëls ook meer aanpasbaar by veranderende omstandighede. Dit sien ons by trekvoëls wat met die veranderings van seisoene jaar na jaar van kouer na warmer dele trek.

Petro Treurnicht het met die Junie-byeenkoms van Feathers-voëlklub van haar voëlkyk foto’s gedeel, en hierdie en ander gedagtes van dit wat ons in die natuur sien en by voëls leer, gedeel.

Sy het onder meer na die arend verwys, en gesê dat die vlug van ‘n arend haar herinner dat jy boontoe en vorentoe moet kyk. So sien jy dalk selfs in probleme nuwe geleenthede, het sy gesê.
Haar boodskap – leef voluit.

Martin Wolmarans kom op Donderdag 25 Julie met die klub gesels oor interessante voëlfeite. Die byeenkoms vind soos gewoonlik om 18:30 by Sally Martin Park se saal plaas. Na die aanbieding sal daar ‘n saamkuier geleentheid wees rondom ‘n koppie sop en ‘n broodjie. Enigeen is welkom! Bring net jou eie sopbeker en lepel saam.

Feathers se volgende uitstappie word vir Augustus gereël. As jy meer wil weet oor dié voëlklub gesels met Hansie Bekker by 082 820 4306, Peter Killian by 083 625 8100, of Martin Wolmarans by 082 851 2121.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button