Local newsNewsSport

Ster-atleet help ander om die pas vol te hou

Henco Uys het die afgelope drie jaar vir homself naam gemaak as professionale pasaangeƫr nie net in Europa nie, maar ook in Suid-Afrika.

Met geoefende treĆ« gee hy die pas aan. Die atleet se oĆ« op hom, want sy taak is om seker te maak atlete wat hul vertroue in hom stel, behaal hul teikendoelwitte in ‘n wedloop.

Maklik is dit nie, en nie enigeen slaag daarin om die pas aan te gee nie. Jare se oefening en ervaring as professionele middelafstand atleet het Henco Uys egter geleer om gefokus te wees.

“Jy moet weet hoe dit voel as jy ‘n sekere pas hardloop,” gesels hy met sy teruggekeer van Europa waar hy vir drie weke in BelgiĆ«, Duitsland, Pole, Luxemburg, Switzerland en Holland pasaangeĆ«r was vir verskeie atlete.

Pasaangeƫrs haal die druk van die atleet af, en help om die atleet se wedloopplan uit te voer om op bepaalde tye by sekere afstande te wees, verduidelik hy.

“Jy werk konstant met doelwitte.” Sodra die pasaangeĆ«r die atleet by sy doelwitafstand op tyd gekry het, gaan hy af van die baan, en is die atleet op sy eie om die wedloop te voltooi.

Henco het die afgelope drie jaar vir homself naam gemaak as professionale pasaangeƫr nie net in Europa nie, maar ook in Suid-Afrika.

Bekendes soos Jerry Motsau (SA kampioen in die 1500m), Djamel Dejati (die wĆŖreld se nr.1 in die 800m), en Edmund du Plessis (SA kampioen in die 800m) het onder meer al sy pas gevolg.

Van sy hoogtepunte was die vinnigste 600m wat in Afrika gehardloop is met Henco wat die pas aangegee het vir Slimane Moula (die wĆŖreld se nr.7 in die 600m). Henco het die 400m merk in 46.9 gehaal.
Hy het ook die atleet Mohamed Ali Gouaned in Pole gehelp om met ‘n tyd van 1:44.4 te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele.

So ook die Australiese rekordhouer, Steward Mcsweyn wat sy beste tyd vir die seisoen in die 1500m behaal het, en so sy plek by die Olimpiese Spele verseker het.

Die wedloop wat Henco saam met Djamel Sedjati as pasaangeĆ«r gehardloop het, was die vinnigste tyd in Afrika in die 1000m met ‘n tyd van 2:13.97.

Henco het op skool begin uitblink as kranige sportman in onder meer atletiek, rugby, tweekamp en landloop. Toe hy provinsiale kleure in al diƩ sportsoorte verwerf, het hy die keuse gemaak om op atletiek te fokus.

Vroeg in sy hoƫrskooljare is sy atletiekdrome verpletter toe hy met Scheuermann se siekte, gediagnoseer is.
Terwyl hy nie aan atletiek kon deelneem nie, het Henco die tyd gebruik om as jong seun sy eie lekkergoed onderneming, The Candyman, in Parys te begin.

Hy gaan studeer Menslike Bewegingskunde en sielkunde, en doen later sy honneurs in sportwetenskap asook besigheidsbestuur en administrasie.

Op 21 het Henco in so mate herstel dat hy weer kompeterend kon begin deelneem aan atletiek.
Hy was verskeie kere in die SA-span ingesluit. Sewe SA medaljes en verskeie wedlope in die buiteland het gevolg in die 13 jaar wat hy daarna professioneel gehardloop het.

Een van sy uitstaande prestasies- ‘n skitterende vierde plek in die World Student Games in Taipei. Hy was ook in 2018 gekies vir die Statebondspele in AustraliĆ« maar het twee weke voor sy deelname sy enkel gebreek.

Terwyl hy op ‘n keer in Duitsland deelgeneem het, het die Duitse Federasie se atlete wat vir ‘n wedloop moes kwalifiseer, ‘n pasaangeĆ«r gesoek en is hy raakgesien. So het dit gekom dat hy tussendeur wedlope as professionele pasaangeĆ«r begin werk het.

Na sy pa, Nico, se dood het Henco hom minder op kompeterende deelname toegespits en meer dikwels die pas aangegee. “Ek doen steeds waarvoor ek lief is, maar op hierdie manier help ek atlete om hul drome na te jaag,” sĆŖ hy.

Hy kyk selde op sy horlosie wanneer hy die pas aangee, want jare se oefening het hom geleer om sy pas te hou en aan te pas.

Henco werk meestal privaat maar ook deur ‘n agentskap wat pasaangeĆ«rs werf vir atlete.

Sy vrou, Lente, ‘n apteker van beroep, is self ook ‘n professionele 400m atleet en pasaangeĆ«r, wat verlede week aan die Southern Region African Championships deelgeneem het.

Wanneer Henco nie op die atletiekbaan is nie, kry jy hy hom in sy lekkergoedwinkel wat mense van oral oor besoek vir die verskeidenheid soetigheid wat jy hier raakloop en sal onthou uit jou kinderdae, of by sy onderneming Prolab Recovery waar hy jong atlete help met herstel en rehabilitering na beserings.
Iemand wat die pas aangee ook as dit by sakevernuf en deursettingsvermoƫ kom.

Sy oog gefokus op die doelwitte wat hy najaag, met vele wat reeds bereik is.

Henco Uys (voor) waar hy in 2017 die pas aangegee het vir die vinnigste tyd in ‘n 600m-wedloop in Afrika.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button