Local newsNews

Pad gesluit vir verkeer na dieseltenkwa aan die brand slaan

Motoriste is gevra om waar moontlik terwyl die pad gesluit is gebruik te maak van alternatiewe roetes 

Die R59 tussen Parys en Vredefort is steeds gesluit na ‘n diesel tenkwa vanoggend net voor 06:00 aan die brand geslaan het sowat 8,7km buite Parys. Die Parys en Vredefort SAPD asook die Ngwathe Brandweerdiens was vinnig op die toneel en monitor boere dat die veld in die omgewing van die toneel nie aan die brand raak nie.

‘n Eskom-paal het  gebrand maar is die brand by die paal vinnig geblus. Eskom het egter die lyn vir veiligheid afgeskakel.

Verkeer word tans deur verkeerspersoneel via die Schoemansdrift-pad herlei.

Die bestuurder van die diesel tenkwa is nie beseer nie.

Daar is reeds opruimingspanne op die toneel wat aandag gee aan die diesel wat uit die tenkwa geloop het.

Dit is nog nie bekend wat die brand veroorsaak het nie.

 

Related Articles

Back to top button