Local newsNews

Polisie monitor steeds situasie na betogers pad versper

Betogers se ongelukkigheid gaan klaarblyklik oor onderhandelings oor werkerskontrakte.

Die Edenville-pad in beide die Heilbron en Kroonstad rigtings was vanoggend oop vir verkeer hoewel daar weer klippe langs die pad by die Edenville-ingang gepak is.

Die polisie en lede van Openbare Orde Polisiëring monitor steeds die situasie in  Edenville, nadat betogers gitermiddag die pad  met klippe en brandende bande versper het

Die pad is teen 22:12 Dinsdagaand skoongemaak en oopgestel vir verkeer.

Die ongelukkigheid gaan klaarblyklik oor onderhandelings oor werkerskontrakte.

Edenville is deel van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit.

Related Articles

Back to top button