Local newsNews

Gemeenskap loop die ekstra myl vir sentrum-inwoners

Hoërskool Parys en die gemeenskap het hande gevat om skoene bymekaar te maak vir die sentrum se inwoners.

n Totaal van 103 pare skoene is aan Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys oorhandig danksy die Tekkies Brand-projek wat saam met leerders van Hoërskool Parys aangepak is om seker te maak dat niemand in hierdie koue sonder skoene sal wees nie.

Parysenaars kon verlede week bydra tot die projek, en is fluks gehelp om die skoene  te sorteer en gepas te kry vir die sentrum se inwoners.

Die skoene is gesorteer en gepas om seker te maak dat niemand in hierdie koue sonder skoene sal wees nie. Foto verskaf deur Wian Viviers
Blydskap sonder perke toe die skoene wat met projek Tekkies Brand ingesmael is, aan Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum oorhandig.Foto verskaf deur Wian Viviers

Die skoene wat oor is gaan na daar waar nood is onder hoërskoolleerders.

Dankie vir elke leerder wat bygedra en gehelp het met die projek, die Parys-gemeenskap wat hul harte oopgemaak het vir die sentrum, Chané Grimbeek vir die inisiatief en hulp met die projek, en Wian Viviers vir die bemarking en skakeling met die skool om van die projek ‘n sukses te kon maak.

Related Articles

Back to top button