Local newsNews

Pensionarisse kan so korting kry op erfbelasting

Die sperdatum vir aansoeke vir korting op munisipale erfbelasting is 31 Augustus.

Pensioenarisse wat kwalifiseer vir korting op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar moet onthou dat aansoeke vir die afslag
gedoen moet word voor 31 Augustus.

Vryheidsfront Plus raadslid Jan Meyer verduidelik dat applikante slegs kan kwalifiseer as hulle die eienaar van die eiendom is waarop die erfbelasting van toepassing is, die eiendom self bewoon, ouer is as 60 , of ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie eienaar van meer as een eiendom is nie.

Die inkomste van die huishouding (dit wil sê applikant en gade) moet minder beloop as R 9 600,00 per maand. Kortings word as volg bereken :
R 0,00 tot R 5 000,00 per maand – 100% korting
R5 001,00 tot R 5 700 per maand – 60%. korting
R5 701,00 tot R 7 000,00 per maand – 30% korting
R 7 001,00 tot R 9 600,00 per maand – 15% korting

Aansoekvorms is by munisipale kantore beskikbaar en aansoeke kon reeds vanaf 1 Julie ingedien word.

Rdl. Meyer het pensioenarisse aangeraai om vroegtydig hul aansoeke in duplikaat te voltooi sodat die ontvangserkenning op die duplikaat aangebring kan word wanneer die aansoek ingedien word.

Aansoekvorms kan ook by rdl. Meyer gekry word. Mense kan hom skakel by 083 778 8218

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button