Local newsNews

Twaalf kinders sterf in tragiese ongeluk

Ons diepe medelye met die families van die oorledenes.

Twaalf leerders van Rockland Primary School en Laerskool Blyvooruitzicht in Merafong, het vanoggend, Woensdag 10 Julie in ‘n tragiese taxi-ongeluk naby Carletonville gesterf. Die kinders, onder wie vier kinders van een gesin, was onderweg skool toe, toe die ongeluk gebeur het.

Die voorlopige polisieondersoek dui daarop  dat ‘n bakkie ook by die ongeluk betrokke was

Die taxi het met die impak van die botsing aan die brand geslaan.

Die bestuurder van die taxi is ook in die ongeluk oorlede.

Ses kinders het die ongeluk oorleef.

Gebrande skoolboeke wat gestrooi op die ongelukstoneel gelê het, was vanoggend die stil getuienis van die seer van families en die skoolgemeenskap wat nie in woorde uitgedruk kan word nie.

 

Related Articles

Back to top button