Local newsNews

Jeugsimfonie-orkes bring klassieke musiek na die platteland

Tydens hul vertoning in Vredefort het die JSO die verhoog gedeel met jong musikante van Kwela Musiek, ’n musiekskool in Parys, onder leiding van Erna Rademan, asook volwasse instrumentaliste wat gewys het watter talent daar in Parys en Vredefort is

Inwoners van Vredefort, Kroonstad, Sasolburg en omliggende dorpe is die naweek bekoor deur die klanke van die FAK se Jeugsimfonieorkes (JSO) met uitstaande vertonings tydens die orkes se toer deur die Vrystaat.

Jaco van Staden, dirigent van die JSO, sê die toer is gereël nie net om die jong musikante die geleentheid te gee om voor ’n breër gehoor te
speel nie, maar ook om orkesmusiek weer lewe te gee in die platteland.

“Die FAK beywer hulself daagliks vir die bewaring en uitbou van die Afrikanerkultuur, taal en ryk musiek- en kunserfenis, en pak gereeld projekte soos hierdie aan om musiek onder die Suid-Afrikaanse jeug te bevorder. Daarom is die JSO in 2022 gestig,” sê Van Staden.

Tydens hul vertoning in Vredefort het die JSO die verhoog gedeel met jong musikante van Kwela Musiek, ’n musiekskool in Parys, onder
leiding van Erna Rademan, asook volwasse instrumentaliste wat gewys het watter talent daar in Parys en Vredefort is. Hul luisterryke spel
van die volksliedjie, ‘My Sarie Marais’ het die gehoor spontaan laat saamsing, en het Erna ook vir die kinders die woorde van die lied verduidelik.

Erna was tydens ’n vertoning van die JSO op Udolpho Rivierplaas in Maart vanjaar ook in die gehoor, en het die FAK gehelp om die naweek se toer te reël. “Kwela en die JSO het soos ’n dans saam gewerk, dit kon nie  lekkerder nie, dit kon nie mooier nie. Ons harte is baie bly,” sê Rademan.

Die orkes se toer het op 27 Junie afgeskop met ‘n intieme konsert in die Voortrekkermonument se Senotaafsaal

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button