Local newsNews

Nog geen duidelikheid oor Rand Water betaalplan

Heilbron gaan al sedert Desember 2023 gebuk onder ernstige waterprobleme.

Dit was met Gazette se druktyd steeds onduidelik of Rand Water die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se voorgestelde afbetaalplan vir sy skuld aan die waterverskaffer gaan aanvaar. Rand Water het teen Dinsdag ook steeds nie op navrae reageer nie.

Ngwathe se waarnemende munisipale bestuurder, Dr Tseko Mothamaha, het aan Gazette bevestig dat die afbetaalplan verlede week aan Rand Water voorgelê is.

Heilbron is die enigste Ngwathe-dorp wat deur Rand Water van water voorsien word. Ngwathe skuld die waterverskaffer egter R66 587 928,13 volgens ‘n publieke kennisgewing wat Rand Water in Mei geplaas het.

Die munisipaliteit sukkel sedert 2019 om sy skuld aan Rand Water te betaal, en is deur publieke kennisgewings ingelig van die waterverskaffer se voorneme om Heilbron se watervloei met 20% te verminder, mits betaling of ‘n aanvaarde afbetaalplan vir die skuld nie binne 30 dae na plasing van die kennisgewing ontvang word nie.

Heilbron gaan al sedert Desember 2023 gebuk onder ernstige waterprobleme. Die dorp ontvang steeds net bykans die helfte van die agt megaliter water per dag wat Heilbron voorheen gekry het. Oor die afgelope maande was waterdruk in Heilbron met tye so laag dat gedeeltes van die dorpnie ‘n druppel water kry nie.

Rand Water het vroeër gesê dat munisipaliteite se versuim om hul skuld aan die instansie te betaal, die funksionele
en institusionele integriteit van Rand Water bedreig, en die waterverskaffer se vermoë om grootmaat waterdienste te verskaf op ‘n finansieël volhoubare grondslag, in gevaar stel. Die bepalings van die watervoorsieningskontrak en artikel 4 van die Waterdienswet magtig Rand Water om grootmaat watervoorsieningsdienste te verminder in gevalle waar ‘n munisipaliteit nie sy kontraktuele bepalings en voorwaardes vir betaling sou nakom nie, of daarin sou faal om voldoende bewys te lewer van sy onvermoë om vir waterdienste te betaal.

Intussen is verneem dat Ngwathe se infrastruktuurkomitee vir die eerste keer weer vandeesweek sou sit waartydens onder
meer ook die watersituasie in Parys bespreek sou word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button