Local newsNews

Die moets en moenies vir wanneer jy medikasie verpak

Nie net spaar dit tyd veral vir versorgers nie, maar kan goeie kontrole gehou word oor watter medikasie wanneer geneem word.

Vir bejaardes wat nog selfstandig oor die weg kom maar chroniese medikasie gebruik, asook instansies wat pasiënte en bejaardes versorg, bied die korrekte en duidelik identifiseerbare vooraf verpakking van medikasie (Blister packaging) deesdae ‘n groot uitkoms. Nie net spaar dit tyd veral vir versorgers nie, maar kan goeie kontrole gehou word oor watter medikasie wanneer geneem word.

Terselfdertyd skakel dit angs en verwarring uit vir pasiënte en bejaardes wat verskillende medikasie op verskillende tyemoet gebruik.

 

Aptekersassistent Monique Olivier van The Local Choice Pharmacy met een van die medisyne verpakkings. By haar is Enrico de Swardt, aptekerstudent aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus. Monique doen voltyds die apteek se medisyne verpakking met groot toewyding.

Gazette het gaan navraag doen by Lientjie Schwim van The Local Choice Pharmacywat medikasie vir staats- sowel as private pasiënte en sorgsentrums verpak, oor die moets en moenies wanneer dit kom by verpakking van medikasie.
Lientjie beklemtoon hoe belangrik dit is dat verpakking van medikasie gekontroleerd en deur ‘n gekwalifiseerde persoon gedoen moet word.

* Daar moet geen verwarring wees watter medikasie wanneer geneem moet word nie.

* Skedule medikasie moet duidelik aangedui word.

* Daar moet ‘n duidelike onderskeid wees tussen chroniese en akute medikasie of te wel medikasie wat daagliks geneem moet word, of medikasie wat net wanneer nodig is geneem moet word. Medikasie soos antibiotika is byvoorbeeld gewoonlik nie chroniese medikasie nie.

* Medikasie wat verpak word moet duidelik geïdentifiseer kan word. Moet nooit ‘n klomp pille saamsit in ‘n houer sonder behoorlike identifikasie nie.

* Werk in ‘n skoon omgewing wanneer jy die medikasie verpak, en maak seker die verpakkingshouer is skoon, en medikasie is geseël en afsonderlik verpak vir die tye waarop dit gebruik moet word soos byvoorbeeld soggens, mid-oggend, middag, laatmiddag en saans.

* Hou in gedagte dat sekere medikasie ligsensitief is, en dat jy droogmiddel sakkies soos Silica Gel sal moet plaas by medikasie wat moontlik vog kan trek – selfs al pak jy net ‘n week se medikasie

* ‘n Goeie wenk is om altyd ‘n afskrif vanjou voorskrif in of by jou verpakkingshouer te plaas. Jy weet nooit wanneer jy dalk daardie voorskrif nodig kry nie, veral as jy sou reis.

* Gaan jou medikasie na vir dievervaldatums.

* Mense is soms geneig om basiese medikasie in hul motor se paneelkissie te hou vir ‘n noodgeval, maar onthou dat medikasie onder die regte omstandighede geberg moet word. Dit kan dus gebeur dat die medikasie té warm word in jou motor,of dat medikasie wat jy wil verpak dalk in ‘n yskas gehou moet word.

* Moet nooit medikasie uitruil of sommer aan iemand gee nie. Dit kan lewensgevaarlik wees omdat jy nie die persoon se mediese geskiedenis ken, of weet watter ander medikasie daarmee saam gebruik word nie.

* Raadpleeg eerder jou apteker vir raad oor die gebruik van medikasie en die verpakking daarvan.

* Moenie medikasie wat jy nie meer gebruik of wat reeds verval het in ‘n asblik weggooi of in die toilet afspoel nie. Dit geld ook vir insulienspuite en spuitnaalde. Apteke het diensverskaffers wat mediese afval hanteer, en kan jy by jou apteker navraag doen of jy medikasie na die apteek kan bring vir veilige vernietiging.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button