Local newsNews

SA Skole-rugbyspan eer vir AJ

Trotse prestasie vir dié oudskolier van Parys

AJ Meyer is in die Suid-Afrikaanse o18 Skolerugbyspan ingesluit wat in Augustus vanjaar in ‘n internasionale reeks teen die spanne van Engeland, Frankryk, Ierland en Georgië te staan sal kom. Die wedstryde vir die reeks vind plaas in die Wes-Kaap.

AJ het verlede week met die o18-Cravenweek-toernooi in Krugersdorp vir die Cheetahs gespeel. SA Rugby het na afloop van die week die Suid-Afrikaanse Skolespan en ‘n Suid-Afrikaanse Skole A-span aangewys.

Die spanne speel Donderdag, 4 Julie teen mekaar op Hoërskool Monument se Ras van Rooyen-veld.

AJ is ‘n Graad 11-leerder aan Grey College in Bloemfontein, en was ‘n oudleerder van Primêre skool Parys. Dit is hier waar dié talentvolle jongman se grondslag op die rugbyveld gelê is.

AJ volg in die voetspore van sy ouer broer Lukas wat vir die Bulle Junior-span speel.
AJ is die seun van Lukas en Nicolien Meyer van Parys.

Related Articles

Back to top button