Local newsNewsSport

Parys o13’s by Bokkieweek

Baie geluk aan hierdie spelers

Van Parys se rugbyspelers was verlede week deel van die Bokkieweek wat in Kroonstad gehou is vanaf 24 tot 28 Junie. Proewe is vroeër in die jaar regoor Suid-Afrika gehou en so kom spelers uit sestien Unies dan bymekaar vir hierdie toernooi.

Vanjaar het 186 spanne deelgeneem met ‘n totaal van 2 898 spelers wat aan die rugby-, netbal-, en hokkiewedstryde deelgeneem het, onder die valkoë van 595 beamptes.

Bok van Blerk was die kunstenaar by Maandag se openingseremonie.

Wedstryde is deur die loop van die toernooi gestroom op Bokkieweek se sosiale media platforms.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button