Local newsNews

So gemaak met herkodering van elektrisiteitsmeters

Die KRN1 en KRN2 kodes wys tans nog nie by voorafbetaalde elektrisiteit wat aanlyn gekoop word nie.

Eskom, en alle elektrisiteitsverspreiders in Suid-Afrika wat munisipaliteite insluit, moet voor 24 November vanjaar voorafbetaalde elektrisiteitsmeters herkodeer. wanneer die huidige TID-kode (Token Identifier) verval, en STS-meters (Standard Transfer Specification Compliant Meter) gevolglik nie meer elektrisiteitskoepon-kodes sal aanvaar nie. Dit raak meeste voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in die land.

Die opgradering behels bloot die insleutel van twee kodes van 20 karakters elk, in elke meter.

Die VF Plus se rdl Philip van der Merwe het vroeër verduidelik dat daar drie opsies is waaruit verskaffers kan kies om die proses te hanteer. Eerstens is daar ‘n sogenaamde DIY proses wat behels dat ‘n verbruiker die twee kodes ontvang op die strokie wanneer krag aangekoop word en dan self die kodes in die meter insleutel.

Tweedens kan interne personeel van die verskaffer elke meter in sy gebied fisies besoek en die kodes insleutel. Die derde opsie is dat ‘n kontrakteur aangestel word om die opgradering te behartig . Munispaliteite kan egter self besluit watter opsie hulle wil volg.

Volgens rdl. Van der Merwe wil dit egter voorkom of Cigicell aan wie Ngwathe destyds die verkope van krag en ‘n aantal ander funksie met ‘n ooreenkoms oorgedra het, reeds vroeër met die opgraderingsproses begin het voordat Cigicell van sy dienste aan Ngwathe gestaak het weens wanbetaling van sy rekening.

Die aanduiding was toe dat tot 60% van die meters in Ngwathe moontlik opgedateer mag wees. “Dit sal die afhandeling van die proses in Ngwathe heelwat vergemaklik indien my inligting in dié opsig korrek is” het rdl. Van der Merwe vroeër aan Gazette gesê

Hoe weet jy of jy jou kragmeter geherkodeer moet word?
Wanneer jy ‘n elektrisiteitskoepon vir jou voorafbetaalde elektrisiteitsmeter koop, kyk op jou koeponstrokie of daar KRN1 of KRN2 aangedui word. KRN1 meters sal geherkodeer moet word, Vir die verbruiker sal dit beteken dat as die herkodering nie gedoen is nie, geen kragkoepon op die meter ingesleutel sal kan word nie.

Die KRN1 en KRN2 kodes wys tans nog nie by voorafbetaalde elektrisiteit wat aanlyn gekoop word nie. Goeie raad is dus om sou jy altyd krag aanlyn koop, net vir ‘n klein bedrag by een van die verskaffers krag te koop wat geregistreer is vir kragverkope in jou munisipale gebied sodat jy op jou koeponstrokie kan vasstel of jou meter herkodering nodig het aldan nie.

* Gazette het navraag gedoen by die Ngwathe Munisipaliteit oor inwoners se vrae waarom die herkoderingskodes nog nie op koeponstrokies reflekteer het met aankope van voorafbetaalde elektrisiteit wat vroeër die week gekoop is nie.  Sodra terugvoer gekry word sal dit geplaas word.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button