Local newsNews

Gee ‘n nota saam as jy gee

Hier is wenke van wat op die nota moet staan

Misdaad neem kommerwekkend toe, en omdat mense meer waaksaam is gebeur dit dikwels dat daar op WhatsApp en buurtwaggroepe inligting en foto’s deurgegee word van persone wat in ‘n woonbuurt sou loop met goedere wat dalk verdag mag voorkom. Hierdie waaksaamheid help juis om misdaad vas te vat.

Dit gebeur egter dikwels dat inwoners goedere waarvoor hulle nie meer nut het nie, vir ‘n huis- of tuinhulp of werker sou gee.

Ongelukkig mag die goedere dan vir iemand anders verdag voorkom wanneer gesien word hoe ‘n persoon daarmee in die straat loop.

Goeie raad is om dalk ‘n nota saam met die items te gee waarin jy bevestig dat die goedere wel aan die persoon gegee is. Sodoende maak dit dit baie makliker vir sekuriteitspersoneel en die polisie om te bevestig dat die goedere wel gegee is, sou daar enige twyfel of kommer wees oor waar die goedere vandaan kom

Skryf die volgende op die nota:

  1. Die persoon se naam en van vir wie jy die goedere gee.
  2. Die datum waarop die goedere gegee is.
  3. ‘n Behoorlike beskrywing van wat gegee is en ‘n reeksnommer van die item byvoorbeeld in die geval van elektriese of elektroniese ware
  4. Maak seker jou handtekening is op die nota asook ‘n kontaknommer waar jy gekontak kan word sou daar vrae wees oor die items sou dit verdag voorkom.

Related Articles

 
Back to top button