Local newsNews

Daar word weer sterre gekyk in die Koepel

Interessante objekte in die sterrehemel sal deur die 12” Schmidt-Cassegrain-teleskoop bekyk word

Komende Saterdagaand 6 Julie om 19:00 word´n sterrekykuitstappie by Deelfontein se sterrewag gehou. Dit word gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging
van Suid-Afrika.

´n Inleidende aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag gee algemene agtegrond van die sterre- en planeetbewegings, en daarna word die interessante objekte in die sterrehemel deur die 12” Schmidt-Cassegrain-teleskoop in die sterrewag bekyk tot ongeveer 22:00 uur.

Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie.

Deelname kos R100 per persoon, wat in kontant direk aan die aanbieder betaal moet word.
Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon. Koffie en tee word voorsien.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Bespreek asseblief vooraf by 083 280 9784 of per epos by gerhard@deelfontein.co.za.

Related Articles

 
Back to top button