Local newsNews

Nommers nodig vir We Care register

Inligting op die register sal te alle tye privaat gehou word en geen telefoonommers op die register sal gedeel word tensy daar 'n noodsituasie is, sê Wynand Nel van WeCare.

Soms is dit ‘n hek wat oopstaan, iets verdags wat in ‘n erf opgemerk word, ‘n waterpyp wat gebars het, of familie wat vra dat daar net ‘n draai gemaak sal word by hul ouers of ‘n familielid wie se naasbestaandes hulle nie in die hande kan kry nie.

Maar hoe gemaak as daar niemand tuis is, en geen kontaknommer nie?

Dit is die tameletjie waarmee We Care patrolleerders dikwels sit met selfs bure wat soms ook nie kan help met telefoonnommers in ‘n noodsituasie.

We Care wil daarom ‘n register saamstel met adresse en kontaknommers wat slegs in geval van nood gebruik kan word. As jy jou adres en telefoonnommer by die register wil laat voeg, WhatsApp die besonderhede na 069 572 9269.

Dit is nie nodig om name te gee nie, slegs ‘n nommer van iemand wat by die adres gekontak kan word in geval van nood.

Let asseblief ook daarop dat die nommer waarheen jy besonderhede vir die register kan stuur, nie ‘n WhatsApp groep is waarby jy kan aansluit nie.

Inligting op die register sal te alle tye privaat gehou word en geen telefoonommers op die register sal gedeel word tensy daar ‘n noodsituasie is, sê Wynand Nel van WeCare.

Related Articles

 
Back to top button