Local newsNews

Beroerte: So kan kinders help

In Suid-Arika is 104 skole reeds betrokke, en hoewel die program gemik is op grondslagfaseleerders 5-9 jaar, is daar skole wat dit aanbied tot en met graad 7

Wanneer iemand ‘n beroerte sou kry, tel elke minuut om hulp so gou moontlik te kry.

Ons bly in ‘n omgewing waar kinders die meeste van hul tyd saam met volwassenes spandeer. Daarom is dit nodig dat kinders ook die lewensvaardigheid geleer word van wat om te doen in geval van nood sou iemand na aan hulle ‘n beroerte kry. So gesels Renathe van der Merwe, nasionale koördineerder vir Fast Heroes.

Fast Heroes is ‘n gratis program wat daarop gemik is om grondslagfase leerders by belangstellende skole te leer hoe om die tekens en simptome van ‘n beroerte te herken, en ook wat die noodnommer is om te skakel, sou iets gebeur.

“By Fast Heroes besef ons dat kinders en hulle oupas en oumas ‘n baie spesiale band en verhouding het, en daar op hierdie manier ‘n verskil gemaak kan word,” het Renathe verduidelik toe sy op uitnodiging van die plaaslike Rotaryklub met onderwysers kom gesels het. Sy sê deel van die program is om die boodskap wat geleer is by die skool, ook by die huis te gaan versprei.

Die program maak gebruik van ‘n hele animasiewêreld met Franc, Armando, Sophia, Timmy en Tanya. Franc, Armando en Sophia is afgetrede superhelde wat elkeen ‘n spesiale gawe het, maar na die beroerte verloor hulle die gawe. Timmy en Tanya is die eintlike helde, want hulle weet wat met Franc, Armando en Sophia gebeur, en weet dat 112 die noodnommer is om te skakel.

By deelnemende skole volg leerders die vyf weke program met ‘n uur per week, of soos die skool die program kan akkommodeer deur die onderwyser wat toegang gegee word tot die werkboek en prettige interaktiewe platforms.

Die program is ‘n trots Suid-Afrikaanse inisiatief ontwikkel deur die University of Macedonia. Dit word ondersteun deur die Angels inisiatief. Die program is in 2022 in Suid-Afrika geloods, maar word sedert 2021 wêreldwyd aangebied

In Suid-Arika is 104 skole reeds betrokke, en hoewel die program gemik is op grondslagfaseleerders 5-9 jaar, is daar skole wat dit aanbied tot en met graad 7, vertel Renathe. Mense kan meer van die program lees op www.fastheroes.com, of die Facebook-blad https://www.facebook.com/FastHeroesSouthAfrica of YouTube kanaal https://www.youtube.com/@wearethefastheroes

In Suid-Arika is 104 skole reeds betrokke, en hoewel die program gemik is op grondslagfaseleerders 5-9 jaar, is daar skole wat dit aanbied tot en met graad 7

Related Articles

 
Back to top button