Local newsNews

Goo Goo Dolls kom SA toe

Internasionale rocklegendes, die Goo Goo Dolls, skop in Desember ’n nuwe toer in Suid- Afrika af wat op 7 Desember by die Voortrekkermonument (Pretoria) draai. Dit is die eerste keer dat die gewilde rockgroep by die Voortrekkermonument sal optree. Die multi-platinum-bekroonde groep is opgewonde om aan te kondig dat hul Desember-toer in Suid-Afrika in die …

Internasionale rocklegendes, die Goo Goo Dolls, skop in Desember ’n nuwe toer in Suid-
Afrika af wat op 7 Desember by die Voortrekkermonument (Pretoria) draai. Dit is die eerste keer dat die gewilde rockgroep by die Voortrekkermonument sal optree.

Die multi-platinum-bekroonde groep is opgewonde om aan te kondig dat hul Desember-toer
in Suid-Afrika in die Kirstenbosch Gardens (Kaapstad) afskop, waarna hulle Durban ICC aan
die brand gaan sing en uiteindelik die toer aan die voet van die Voortrekkermonument gaan afsluit.

John Rzeznik, kitaarspeler en sanger, sê die groep is baie trots om uiteindelik hul jarelange
droom om in Suid-Afrika te toer, vanjaar verwesenlik. “Ons sien baie uit om in Suid-Afrika te kom toer. Dit gaan ’n ongelooflike drie aande wees en ons hoop ons sien al ons Suid-Afrikaanse aanhangers hier.”

Pretorianers kan nie net uitsien na van die groep se grootste treffers soos “Iris”,
“Slide”, “Here is Gone” en “Name” nie, maar ook na optredes van ons land se mees talentvolle musikante soos Ross Learmonth van Prime Circle, Matthew Mole en die immergewilde Roan Ash.

Gavin Kearns, besturende direkteur van Shift Concepts en Goodlife Productions, wat dié
toer organiseer, sê dit is vir hulle ’n eer om vir die eerste keer ’n vertoning by die
Voortrekkermonument te kan aanbied.

“Ons werk al vir 15 jaar lank in die vermaaklikheidsbedryf en dit is die eerste keer wat ons
die geleentheid het om ’n vertoning by die monument te kan aanbied. Dit maak my baie
opgewonde om die groeplede van die Goo Goo Dolls bietjie bloot te stel aan Suid-Afrika,” sê
Kearns.

Die Goo Goo Dolls is in 1986 in Buffalo, New York, gestig en sedertdien het Rzeznik en sy
medesanger en baskitaarspeler Robby Takac die wêreld aan hul voete.

Die Voortrekkermonument is al vir jare lank een van die gunstelingplekke vir plaaslike
kunstenaars om op te tree en bied ook jaarliks van die land se grootste musiekfeeste aan.
Die monument se Amfiteater het ook al gasheer gespeel vir die gewilde Britse groep
Mumford and Sons wat in 2016 hul wêreldtoer hier afgesluit het.

Kaartjies vir die vertoning sal van 27 Julie af beskikbaar wees op webtickets.co.za

Related Articles

 
Back to top button