Local newsNews

Drie goues vir Renier

Skitterende prestasie vir die oudskolier van Parys.

Renier de Villiers het die afgelope week sy derde goue medalje in die Europese Internasionale Continental Toer losgehardloop. Renier het die naweek verras met ‘n wenplek in die 1 500m-wedloop in België waar hy ‘n persoonlike beste tyd van 3:41:30 gehardloop het. ‘n Uitstekende prestasie vir dié 800m atleet wat gewys het dat hy ook met langafstande sy staal kan wys, toe daar nie ‘n 800m item vir mans by die byeenkoms was nie. Renier moes saam met 255 atlete aan twintig uitdunne voor die wedloop deelneem.

Die naweek se goue medalje volg nadat hy ook op 19 Junie in Nembro, Italië vir die 800m goud verower het met ‘n persoonlike beste tyd van 1:45:74 , asook ‘n goud op 16 Junie in Nivelles.

Hierbenewens kon Renier met sy eerste Europese wedloop op 15 Junie ‘n derde plek inpalm met die 800m by HeusedenZolder.

Sy groot droom is om vir die Olimpiese Spele te kan kwalifiseer.

Renier en sy spanmaats keer op 15 Julie terug na Suid-Afrika. Hy is deel van die Potchefstroom-atletiekklub en word afgerig deur Jean Verster.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button