Local newsNews

Organisasies praat weer oor haweloses

Onthou vanaand, Donderdag 20 Junie, se vergadering by NG Suid

Verteenwoordigers van verskeie gemeenskapsorganisasies sal weer vandag, Donderdag, 20 Junie bymekaar kom om te kyk na oplossings vir die probleem met haweloses in die dorp.

Daar is reeds ‘n tyd gelede begin om hande te vat om die probleem met werkloosheid en haweloses aan te spreek.

Een van die voorstelle waarna gekyk word is ‘n sentrale platform waar mense wat werk soek kan registreer sodat werkgewers van die platform gebruik kan maak, eerder as om mense sonder verwysings van die straat af in diens te neem.

Die plan is om nou saam te werk met sakelui en Vrystaat Versorgng in Aksie (VVA), asook die polisie en munisipale beamptes, om inwoners en besoekers aan die dorp aan te moedig om nie die probleem aan te moedig deur bloot te gee nie, maar eerder die bestaande voedsel koeponstelsel van VVA te ondersteun.
Die stelsel het reeds bewys effektief te werk, en word haweloses gehelp met ‘n daaglikse bord kos in ruil daarvoor dat hulle by toegewysde besighede help om sypaadjies skoon te hou.

Deur bloot geld te gee, vererger jy die probleem met al meer haweloses in die dorp se strate wat weer sosio-maatskaplike probleme skep, en bydra tot misdaad, en dwelmprobleme.

Ander probleme waarna die organisasies kyk is die gevaar van vragmotors wat saans langs die dorp se hoofstraat parkeer, en so sig belemmer en ook bydra tot misdaad.

As jy ‘n positiewe bydrae kan maak of voorstelle het om hierdie probleme aan te spreek, woon die vergadering by wat vanaand om 17:30 by die NG Suid-gemeente gehou word. Insette is baie nodig om werkbare oplossings te vind.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button