Local newsNewsSport

Nog ‘n goud vir blitsige Renier

'n Spogprestasie vir dié oudskolier van Parys.

Renier de Villiers het Woensdagaand 19 Junie sy tweede goue medaljes losgehardloop in die Europese Internasionale Continental Toer. Dit na sy oorwinning in Nembro, Italië, met nog ‘n persoonlike beste tyd.

Renier het Sondag, 16 Junie sy eerste goud in Nivelles verower ook met ‘n persoonlike beste tyd vir die seisoen – 1:46:49.

Vir dié oudskolier van Parys is sy grootste droom om vir die Olimpiese Spele te kan kwalifiseer.

Renier het op 8 Junie saam met drie spanmaats na Europa vertrek waar hy op 15 Junie
aan sy eerste byeenkoms in HeusedenZolder deelgeneem en ‘n derde plek in die 800m behaal het.

Hy is weer op 22 Junie in België in aksie en keer saam met sy spanmaats op 15 Julie terug na Suid-Afrika.

Renier is deel van die Potchefstroomatletiekklub en word afgerig deur Jean Verster.

 

 

Related Articles

Back to top button