Local newsNews

Comrades-uitdaging: ‘Jy hou net aan en aan’

Beide Wiekes en Lorette het vir Parys Multisport gehardloop.

Twee Parysenaars wat vanjaar die Comrades-uitdaging van Durban na Pietermaritzburg aangepak het, het vandeesweek vertel van die 86 km opdraande-stryd wat vir beide ‘n groot uitdaging was wat hulle suksesvol kon voltooi.

Lorette Pretorius is net voor 16:00 oor die eindstreep in ‘n tyd van 10 uur 20 minute. Hoewel dit haar vierde Comrades was, beskryf sy dit as een van die ‘tafstes’ nog wat sy gehardloop het. ‘n Lang en moeilike dag op die pad, maar ‘n besondere mylpaal op 50-jarige ouderdom – sewe jaar nadat sy haar laaste Comrades gedoen het.

“Ek het al op 52 km gevoel ek kan nie meer nie. Ek was gedaan. Ek weet nie waar kry ‘n mens die krag vandaan om aan te gaan nie, maar jy gaan net aan en aan. Ons is diep dankbaar dat ons klaargemaak het, en nog binne die afsnytyd dit kon doen .”

Wiekes Coetzer het vanjaar sy eerste Comrades gehardloop, en kon sy doelwit bereik om die marathon te voltooi. “Al het ek na die twaalf uur klaargemaak, was dit vir my lekker. Ek het die marathon begin met ‘n enkel wat ek vroeër seergemaak het by die Twee Oseane marathon. Na die eerste 32 km het hy begin pla, maar ek is nie iemand wat opgee nie. Die Here het my die krag gegee om klaar te maak. Sonder Hom sou ek dit nie kon maak nie,” vertel hy

Hy beplan om volgende jaar weer deel te neem, en sê dat sy vrou sy grootste ondersteuner is.

Beide Wiekes en Lorette het vir Parys Multisport gehardloop.

Related Articles

Back to top button