Local newsNews

Nala met eienaars herenig na ongeluk

Dankie aan die gesin wat hulle oor Nala ontferm het.

Nala, die boerboel na wie gesoek is na ‘n motorongeluk op ‘n grondpad tussen Hoopstad en Boshoff, is  ongedeerd en veilig terug by haar eienaars.

By Nico en Lauren Okkers van die Wes-Kaap was daar ongelooflike dankbaarheid toe hulle na die lang rit vanaf Kaapstad, vanoggend weer met Nala herenig is danksy die gesin wat Nala gevind en versorg het totdat hulle haar uiteindelik vanoggend kon gaan haal.

Nico, ‘n teler van Eminent Boerboel het ses honde ingeskryf vir die Internasionale Boerboelskou wat die afgelope naweek by die AfriDome in Parys gehou is. Nala het by die skou ‘n vierde plek in haar kategorie behaal.

Na die skou, op pad huis toe, het die waentjie waarin die honde vervoer is, se raam op ‘n grondpad tussen Hoopstad en Boshoff ingegee. Die waentjie het die bakkie getref en die deure van die waentjie is met die impak van die botsing oopgeruk. Vyf van die honde is gekry, maar Nala was egter  soek.

Dankie aan elkeen wat help soek het, of boodskappe oor die soektog na Nala help deel het.

Related Articles

 
Back to top button