Local newsNews

Ysig koud, maar ‘n belewenis

Die geleentheid was 'n fondsinsameling vir die organisasie Breathe, vir hul omgewings-opvoedingsprogram.

Al drie Parysenaars wat Saterdag, 8 Junie die World Ocean Day Swim in Durban aangepak het, het hul onderskeie afstande voltooi. Hendrik Scheepers en Anina de Villiers het aan die 5 km vrywater swem deelgeneem, terwyl Nellie die 800 m afstand geswem het.

Anina het klaargemaak in 1 uur 57 minute en beskryf die vrywater swem as ‘n groot ondervinding. Ysig koud, maar beslis ‘n belewenis!

Anina de Villiers

Hendrik en Nellie het ook baie lekker geswem en voltooi Hendrik die 5 km in 1 uur 57 minute, en Nellie die 800 m in 23 minute.

Henkdrik en Nellie Scheepers wat die 5km en 800m onderskeidelik geswem het.

Die deelnemers het in bewolkte weer weggespring by die Durban Beach Club, en het dit na die swem begin reën. Daar is 2 en ‘n half uur tyd gegee vir deelnemers om die volle afstand te voltooi, maar dié wat na ‘n uur nie by die halfpadmerk was nie, is uit die water gehaal.

Die geleentheid was ‘n fondsinsameling vir die organisasie Breathe, vir hul omgewings-opvoedingsprogram.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button