Local newsNews

Verkiesingstryd: Tyd verstreke vir besware

Finale uitslae nog nie bekendgemaak nie.

Tyd het om 21:00  Vrydag 31 Mei uitgeloop vir besware  in die  2024 Nasionale en Provinsiale verkiesing. Die Kieswet bepaal dat partye  48 uur het om beswaar te maak nadat stempunte om 21:00 Woensdag 29 Mei gesluit het.

Kort voor middernag was daar steeds ‘n persentasie stemuitslae uitstaande wat van die politieke partye ongelukkig het omdat die spertyd  verstryk het terwyl finale syfers nog nie bekend is nie.

Netwerk24 berig ook dat Ace Magashule, leier van ACT, klagte by die OVK ingedien het en aandring dat stemme in twee provinsies, Gauteng en die Vrystaat oorgestel moet word

Ace Magashule, voormalige premier van die Vrystaat, en leier van ACT waar hy Woensdag in sy tuisdorp, Parys, gestem het. 

Related Articles

Back to top button