Local newsNews

Verkiesingstryd: Beswaartyd verleng

Meer as 99% van stemme reeds getel en bevestig.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het vanmiddag, Saterdag 1 Junie, aangekondig dat die beswaartyd vir politieke partye na die land se provinsiale en nasionale verkiesing opĀ  Woensdag 29 Mei, verleng word na vanaand, Saterdag 1 Junie om 18:00.

Tyd vir beswaar het aanvanklik Vrydag 31 Mei om 21:00 gesluit in lyn met die Kieswet wat 48 uur toelaat nadat stemlokale gesluit het.

Meer as 99% van stemuitslae was teen 16:00 vanmiddag getel en bevestig.

In die Vrystaat het slegs 750 000 van die 1,456 miljoen geregistreerde kiesers gestem.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button