Local newsNews

Take Note laat hul stem hoor vir bejaardes

Kyk ook ooit vir die Egweni River Lodge parkrun-roete wat Saterdag in turkoois getooi sal wees.

Die suiwer klanke van Hoƫrskool Parys se sanggroep, Take Note is Dinsdagoggend in die eetsaal van die AMOT Tehuis vir bejaardes in Parys gehoor waar diƩ leerders onder begeleiding van jufrou Marli Kruger,, hul omgee vir ons bejaardes gewys het vir die Tooi Turkoois-veldtog.

Tooi Turkoois is ‘n landwye veldtog vir NHSV (Nederduits Hervormde Sustersvereniging)-tehuise vir bejaardes, en word gehou van 15 Mei tot 15 Junie ter bewusmaking van bejaardesorg.Vanjaar word elke tehuis, apteek, restaurant, gastehuis, hardewarewinkel, of watter besigheid of instansie jy ookal by betrokke is, uitgedaag om diĆ© veldtog wat ook ‘n fondsinsamelingsaksie is, te ondersteun.

In Parys is die veldtog ten bate van AMOT. Die tehuis kry geen subsidie nie, en is enige toiletware vir die bejaardes, koekies wat saam met teetyd bedien kan word, of selfs skenkings van nie-bederfbare voedsel en eiers altyd welkom.

Omgee vir ons bejaardes stop egter nie hier nie, sĆŖ AMOT se matrone Theresa Broodryk. “Hierdie is ‘n uitreik na die bejaarde gemeenskap”

Tooi daarom jou winkel, restaurant, huis, kantoor of gastehuis met turkoois lappe of strikke vir die maand, of reik uit na enige van ons tehuise vir bejaardes met ‘n spesiale bederfpakkie of lekker eetdingetjie.Een van die grootste geskenke wat jy vir ‘n bejaarde kan gee is jou tyd. Gaan drink ‘n koppie tee by ‘n bejaardes by wie jy tyd kan spandeer, of gee jou finansiĆ«le ondersteuning vir tehuise vir bejaardes,

Related Articles

Back to top button