Local newsNews

Daar word weer sterre gekyk in die Koepel

Daar word weer sterre gekyk in die Koepel.

Die Vredefort Koepel naghemel leen hom uitstekend tot sterrekyk danksy die sterrewag op die plaas Deelfontein in die hart van die Koepel. Gedurende die wintermaande word daar met donkermaan sterrekyk-uitstappies aangebied. Die eerste geleentheid van die seisoen vind plaas op Saterdag, 8 Junie.

Dit word gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika. Die geleentheid begin om 19:00 met ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag. Daarna word interessante objekte in die sterrehemel deur die 12″ Schmidt-Cassegrain-teleskoop in die sterrewag bekyk, tot omstreeks 22:00 die aand.

Daar word weer sterre gekyk in die Koepel.

Deelname kos R100 per persoon, wat in kontant direk aan die aanbieder betaal moet word. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon. Koffie en tee word voorsien.

Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Bespreek asseblief vooraf by 083 280 9784 of per epos by gerhard@deelfontein.co.za.

Deelnemers is welkom om reeds vanaf 17:00 met ´n piekniekmandjie op te daag en aandete op die perseel te geniet. Tafels en stoele is beskikbaar.

Related Articles

Back to top button