Local newsNews

Pienk vermomming – dodelik vir sy prooi, maar uitsonderlik mooi

Bidsprinkane is hoegenaamd nie sprinkane nie maar is verwant aan die kakkerlik al lyk hul glad nie na mekaar nie.

Hierdie uitsonderlike foto’s van ‘n bidsprinkaan, ook bekend as die African Flower Mantis of spiny flower mantis (Pseodocreobotra wahibergii) is deur Annemarie Ferreira deur haar kameralens vasgevang.

DiĆ© bidsprinkaan is eie aan suid- en oos-Afrika en gebruik sy vorm en helder blomkleur om die voorkoms van ‘n blom na te boots, en so sy potensiĆ«le prooi nader te lok.

Hulle wissel in kleur en is meestal wit-groen, maar kan ook heeltemal pienk of geel verkleur afhangend van die oppervlak waarop hy sit om die kleur van die blomme na te boots.

Bidsprinkane is hoegenaamd nie sprinkane nie maar is verwant aan die kakkerlik al lyk hul glad nie na mekaar nie.

Hulle het hul naam te danke aan die kenmerkende manier waarop hulle hul voorpote onder hul borsstukke invou. Daar is meer as 2 400 verskillende spesies bidsprinkane.

Related Articles

Back to top button