Local newsNews

Big Bounce op stemdag

So kan ouers kinders besig hou terwyl hulle gaan stem

‘n Slim plan om kinders besig te hou op stemdag, 29 Mei, sal help om die badkamers van Primêre skool Parys op te knap.

Kinders kan saam kom spring wanneer Big Bounce die dag in Parys by die laerskool se sportgronde is. Jy kan jou kinders hier onder toesig los terwyl jy gaan stem.

Die koste is R150 per persoon of R50 per persoon vir die kleuter speelarea (2-5 jaar). Verskillende twee uur tydgleuwe is beskikbaar. Vir navrae kan Naddy by 082 457 9348 of Suleen by 084 3984394 gekontak word.

Related Articles

Back to top button