Local newsNews

Suid-Afrikaners in die buiteland nog vandag by stembusse

Alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners sal op 29 Mei stem in die nasionale en provinsiale verkiesing. Die dag is ook 'n publieke vakansiedag

Stemgeregtigde Suid-Afrikaners in die buiteland wat aansoek by die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) gedoen het om in die buiteland te kan stem, sal nog vandag, 18 Mei, hul kruisies by die hoë kommisariaat, konsulaat of ambassades naaste aan hulle gaan trek. Dié kiesers stem net op die nasionale stembrief vir verteenwoordigers in die Nasionale Vergadering (NV).

Kiesers in die buiteland wat die naweek stem, is baie meer  as wat in  2019 geregistreer het om in die buiteland te kon stem. Die OVK het vroeër gesê hy maak gereed vir meer as 76 000 kiesers wat in die buiteland gaan stem.

Die meeste nuwe registrasies om te kan stem, is in

Brittanje. In 2019 was Londen die plek waar meeste Suid-Afrikaanse kiesers in die buiteland gestem het. Vanjaar sal 24 194 Suid-Afrikaners in Londen stem.

Wat jy moet weet van stemdag, 29 Mei

  • Wanneer jy op 29 Mei gaan stem, onthou dat jy moet stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.
  • Jy moet jou ID dokument of ID Smart kaart saamneem wanneer jy gaan stem.
  • Jy sal drie stembriewe ontvang. Twee van hierdie stembriewe is vir die Nasionale Vergadering (NV) en die derde stembrief vir provinsiale wetgewers.
  • Een van die twee nasionale stembriewe is ‘n landwye stembrief wat regoor die land dieselfde sal wees en die name van die partye wat deelneem aan vanjaar se verkiesing sal aandui, terwyl die ander ‘n streekspesifieke stembrief  is wat ook die name van onafhanklike kandidate, sal bevat as daar sulke kandidate sou wees.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button