Local newsNews

Ngwathe stel waarnemende munisipale bestuurder aan

Hy is soos met die vorige twee waarnemende munisipale bestuurders wat Ngwathe die afgelope jaar gehad het, deur die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), gesekondeer vir die pos

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit het  ‘n nuwe waarnemende munisipale bestuurder. Dr. Tseko Patrick Mothamaha sal in die pos waarneem totdat ‘n permanente aanstelling van ‘n geskikte kandidaat in die pos gemaak is.

Maandag 6 Mei was sy eerste werksdag, nadat die besluit vir sy aanstelling goedgekeur is tydens ‘n dringende spesiale virtuele sitting van die raad, en hy deur Ngwathe se Uitvoerende Burgemeester, rdl. Victoria de Beer-Mthombeni, aan die Raad voorgestel is.

Die munisipaliteit is tans in die proses om onderhoude vir die pos te voer nadat die aansoekproses vir vakante sleutelposte binne die munisipale topbestuur vir die vierde keer in April herhaal is omdat die gegewe tydsraamwerk waarbinne die aansoekproses voltooi moes word, nie met die vorige proses gehaal kon word nie.

Dr.  Mothamaha was voorheen munisipale bestuurder van die Maluti-a-Phofung munisipaliteit wat die dorpe Harrismith, Kestell en Phuthaditjhaba insluit.

Hy is soos met die vorige twee waarnemende munisipale bestuurders wat Ngwathe die afgelope jaar gehad het, deur die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), gesekondeer vir die pos nadat sy voorganger, mnr. T. Manele, versoek het om te onttrek as Ngwathe se waarnemende munisipale bestuurder weens sake by Cogta wat sy aandag vereis. Vrydag 3 Mei was mnr. Manele se laaste werksdag by Ngwathe.

Dr Mothamaha, het ʼn doktorsgraad in  besigheidsadministrasie en is nie nuut in plaaslike regering nie, het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder, mnr Steve Naale gesê.

Hy was naas munisipale bestuurder van die Maluti-A-Phofung-munisipaliteit, ‘n voormalige direkteur in die kantoor van die direkteur-generaal van die Vrystaatse Premier, voormalige direkteur van plaaslike ekonomiese ontwikkeling, toerisme, en landbou, waarnemende direkteur vir sport, kuns en kultuur [albei in Maluti -A- Phofung], programimplementeringsbestuurder vir Geïntegreerde Volhoubare Landelike Ontwikkeling en Munisipale Ondersteuning vir die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (Limpopo-streekkantore), adjunkdirekteur finansiële ondersteuning en publieke aanspreeklikheid (Munisipale Finansies) in die Vrystaatse Departement van Plaaslike Regering en Behuising, Distriksbestuurder: Plaaslike Regering in die Fezile Dabi-distrik, en waarnemende senior rekenpligtige beampte- Inkomste-afdeling in die Manguang Metro.

Ngwathe se verklaring lees verder dat dr Mothamaha onder meer ook  ʼn meestersgraad in besigheidsadministrasie het, ʼn meestersgraad in ontwikkelingstudies, en B. Tech graad in Openbare Bestuur, sowel as ʼn nasionale diploma in munisipale administrasie en sertifikaat in ekonomiese ontwikkeling.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button