Local newsNews

Vermeende koperdiewe vasgetrek in Parys se sakegebied

Koperkabel met 'n straatwaarde van R63 000 is by die mans gekry.

Vyf vermeende koperdiewe verskyn vanoggend, Vrydag 26 April, in Parys se landdroshof op klagte van die besit van koperkabel, nadat hulle Woensdag 24 April danksy flink optrede van lede van die Fezile Dabi Hoofwegpatrollie in Parys se sakegebied vasgetrek is.  Die verdagtes is tussen 32 en 45 jaar oud.
Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê die polisielede was omstreeks 03:45 besig met patrollie toe inligting gekry is van ‘n verdagte wit Mazda wat verbind word met  vermoedelike diefstal van batterye in die Noordwes-omgewing.
Volgens die inligting was die voertuig op die R59  tussen Viljoenskroon en Parys onderweg.
Terwyl daar nog patrollie gery is, is die voertuig waarna gesoek is, met vyf insittendes in Parys se sakegebied opgemerk en toe deursoek.
 
Al vyf insittendes is gearresteer  nadat bondels koperkabel met ‘n straatwaarde van R63 000 in die voertuig gekry is, het sers. Rani gesê. Daar is ook beslag gelê op die voertuig.
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button