Local newsNews

Dié deel van Venusstraat se ligte brand ook nou

Dankie aan Ngwathe se elektriese afdeling wat vanoggend nog twee van die straatligte in dié straat herstel het.

Straatligte in die gedeelte van Venusstraat tussen Philip- en Waterstraat brand weer. Petrus Motsumi en Bushi Bosman van die Ngwathe munisipaliteit se tegniese afdeling was vanoggend net voor 10:00 daar om twee van die straatligte wat nie gebrand het nie, reg te maak.

Hoewel hulle reeds op 9 April aan die vyf straatligte in dié gedeelte van die straat gewerk het,  was twee van die straatligte daarna steeds dood.

Inwoners was juis bekommerd oor die straatligte weens die toename in misdaad hier en was daar vandag groot dankbaarheid toe ook die ligte uiteindelik kon brand.

Daar sal ook aan ander straatligte in die dorp gewerk word, en sal die span eers na straatligte in die hoofstraat kyk voordat na ander strate beweeg word, is gesê.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button