Local newsNews

Laatmiddag uitstappie gee nuwe belewenis vir voëlkykers

Kom kyk saam na die voëls van Inlandsee

Hoewel minder voëlspesies as die vorige keer aangeteken is, was Feathers-voëlklub se laatmiddag besoek aan Waterfall Estate beslis ‘n ander natuurbelewenis. Dié keer is 34 voëlspesie aangeteken, terwyl daar met die vorige oggendbesoek 67 voëlspesies gesien is.

Dankie aan Martin en Lorinda vir die verversings.

Met die volgende byeenkoms op 25 April, sal Colin Hamilton weer aan die woord wees. Colin se aanbiedinge is altyd interessant en die moeite werd om by te woon.

Dit vind soos gewoonlik om 18:30 by Sally Martin Park se saal plaas.
Die plan is om Inlandsee op Saterdag, 27 April te besoek. Finale reëlings sal tydens die vergadering bespreek word.

Die klub het Inlandsee in 2017 die laaste keer besoek, en dit ook met ‘n sirkelroete gekombineer. Daar is toe 70 voëlspesies aangeteken.

Inlandsee is suid van Parys tussen die N1 en Vredefort. Dit lê in die middel van die Vredefort Koepel. Wanneer dit baie reën vul die Inlandsee-pan met water en kom daar talle voëls, soos flaminke, daar woon.

Alle belangstellendes is welkom om die twee geleenthede by te woon. Al wat jy nodig het vir die uitstappie, is jou piekniekmandjie, verkyker en ‘n stoel. Anti-gogga muti kan dalk ook van nut wees by die pan.

Vir meer inligting oor Feathers of die byeenkomste, skakel vir Hansie Bekker by 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100.

Related Articles

Back to top button