Local newsNews

Geliefde sakevrou van Parys laat diep spore

Ons innige medelye met die familie

‘n Lewensgenieter, rolmodel, merkwaardige vrou, bekwame sakevrou – altyd positief, wyd belese en ‘n omgee-mens. Dit is hoe Parysenaars Tineke Botha sal onthou wat op Vrydag, 5 April 2024 in die ouderdom van 89 jaar oorlede is. Sy het die afgelope 51 jaar in Parys gewoon. 

Tineke is op 9 Januarie 1935 in Rotterdam, Nederland gebore. Gedurende die Tweede Wêreloorlog moes sy en haar gesin kort-kort in bomskuilings beskermng soek teen aanvalle. Sy het selfs ‘n ruk lank in Duitsland skool skoolgegaan.  

Op 55-jarige leeftyd verwesenlik sy haar droom en begin haar eie besigheid. Mense sal haar onthou vir Hoëveld Huismark, later ook bekend as Reality-1 ELK. Gedurende dié tyd studeer sy verder en verwerf ‘n Diploma in Gevorderde Eiendomspraktyk aan die Universiteit van Johannesburg (Randse Afrikaanse Universiteit). In 1992 ontvang sy die toekenning as Parys se Sakevrou van die Jaar.   Gedurende daardie tyd is sy ook baie betrokke  by Parys Hospice waar sy as verpleegster en berader waardevolle werk doen.  

Tineke se plekkie is leeg maar die herinneringe aan haar sal voortleef in die harte van Trudie, Danie, Johan, Freda,  Danelle, Martine,, Tine-Mari, Adam, Ethan, Logan, Marike, Jordaan, Mienke, Jowan, Johan, Susan en Nieke. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button