Local newsNews

Ngwathe herhaal weer aansoekproses vir topbestuur

Geen verdere verduideliking oor wat die 'onvoorsiene omstandighede' was, is gegee nie.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gaan die hele aansoekproses vir vakante sleutelposte binne die munisipale topbestuur vir die vierde keer herhaal.
Die poste van munisipale bestuurder, hoof finansiĆ«le beampte, direkteur gemeenskapsdiente en direkteur korporatiewe dienste is al vir meer as ‘n jaar vakant.

Die raad het op 27 Maart tydens ‘n spesiale sitting ‘n mandaat goedgekeur om die poste weer te adverteer en ‘n aanstellingskomitee saam te stel. Die gegewe tydsraamwerk waarbinne die vorige aansoekproses voltooi moes wees, kon ‘weens onvoorsiene omstandighede’ nie gehaal word nie, is in die vergadering gesĆŖ.

Geen verdere verduideliking oor wat die ‘onvoorsiene omstandighede’ was, is gegee nie.

Die gesloer met aanstellings veroorsaak ‘n ernstige bestuurskrisis in die munisipaliteit, want solank ‘n aanstelling vir die pos as munisipale bestuurder nie gemaak word nie, kan die vakatures vir die drie ander senior poste ook nie gevul word nie omdat die munisipale bestuurder ‘n leidende rol in die aanstellings speel.

Teen September 2023 is die pos van munisipale bestuurder vir Ngwathe reeds ‘n derde keer geadverteer na maande waarin daar nie geslaag kon word om die proses binne die gegewe tydraamwerk af te handel nie. Nadat die pos aanvanklik geadverteer is, is gesĆŖ dat daar geen geskikte kandidate was nie. Die Vrystaat provinsie het toe inderhaas ‘n munisipale bestuurder, mnr. T. Ngese gesekondeer om die munisipaliteit kans te gee om weer die pos te adverteer.

Toe sy termyn verstryk het, het die provinsie weer ‘n waarnemende munisipale bestuurder in die persoon van mnr. Tebogo Manele gesekondeer wat steeds in die pos waarneem.

Na verskeie kandidate wat as hoof finansiĆ«le beampte waargeneem het in die plek van mnr. Hopolang Lebusa wat in Julie 2022 bedank het, moes die provinsie uiteindelik iemand vir die pos sekondeer om waar te neem. Volgens rdl. Philip van der Merwe van die VF Plus is onderhoude vir die pos gevoer en ‘n geskikte kandidaat geĆÆdentifiseer. Met die gesloer om die proses af te handel het diĆ© kandidaat egter intussen ‘n ander pos aanvaar.

Die posisie van Ngwathe se direkteur van tegniese dienste, mnr. Malunga, is ook steeds ‘n tameletjie nadat hy aanvanklik tydelik geskors was hangende ‘n ondersoek, en sy tugverhoor toe nooit plaasgevind het nie weens ‘n gebrek aan samewerking van getuies. Die klagte teen mnr. Malunga het verband gehou met pligsversuim en versuim om wettige opdragte uit te voer.

Volgens ‘n vorige raadsnotule is mnr. Malunga kort nadat hy weer op kantoor was, aangeval en het hy daarna aangedui dat hy vrees vir sy veiligheid by die werk.

Gevolglik is mnr. Malunga sedert September 2023 nie op kantoor nie, maar ontvang steeds sy volle salaris. Sy kontraktermyn verstryk eers op 30 Oktober 2025, maar is die besluit geneem om sy dienstermyn vroeĆ«r te beeĆÆndig. ‘n Komitee moet nou namens die raad met mnr. Malunga onderhandel oor hoe ‘n skikkingsbedrag wat voorgestel is, aan hom betaal sal word. Sover bekend is ‘n ooreenkoms steeds nie bereik nie. Eers sodra die ooreenkoms bereik is, kan die pos geadverteer word.

Maande nadat mnr. Mxolisi Pali vroeĆ«r op kontroversiĆ«le wyse aangestel is as waarnemende direkteur van gemeenskapsdienste, het ook sy waarnemingstydperk al verstryk sonder dat die LUK vir Plaaslike Regering ooit reageer het op ‘n versoek om in te gryp en die onwettige aanstelling ter syde te stel.

Die versoek van rdl. Van der Merwe aan die LUR het gevolg nadat hy die raad daarop gewys het dat mnr. Pali nie oor die toepaslike graadkwalifikasie vir die pos beskik nie, en ook nie voldoen het aan die vereiste vir aanstelling in die pos nie.

Dit was met die skryf van die berig nie duidelik wanneer die vakante poste weer geadverteer sou word nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button