Local newsNews

Groot hupstoot vir plaaslike toerisme

Dit sal vir klein tot medium toerisme besighede toegang gee tot amptelike regeringsinisiatiewe om hul geriewe en dienste ook internasionaal te bemark.

Die minister van toerisme, Patricia de Lille, het Dinsdag tydens ‘n vergadering met die VF Plus en lede van die plaaslike toerismebedryf in Noordwes en die Vrystaat, haar steun gegee vir die VF Plus inisiatief om georganiseerde toerisme op plaaslike vlak en in landelike gebiede te versterk.

Die vergadering volg nadat die VF Plus in 2023 ‘n inisiatief geloods het om die potensiaal van plaaslike toerisme as ‘n sleuteldrywer van plaaslike ekonomieë te ontgin. In samewerking met plaaslike toerisme besighede op die oewers van die Vaalrivier is besluit om ‘n toerisme entiteit, die Vaal Korridor Toerisme Assosiasie (VKTA) te stig as meganisme om onder meer beter skakeling met die owerhede te bewerkstellig.

Saam met die minister van Toerisme, Patricia de Lille, is Michal Groenewald (VF Plus parlementslid en hoofwoordvoerder oor Toerisme) en Tammy Breedt (VF Plus LP met landbou as portefeulje), waar hul die vergadering saam met ander rolspelers by Stonehenge bygewoon het.

‘n Loodskomitee is gevorm en 54 toerisme-besighede vanaf Lindequesdrift tot by Bloemhof is betrek. Meer as vyftig potensiële toerisme-korridors landwyd is ook geïdentifiseer wat gevestig sal word in opvolg tot die suksesvolle vestiging van die VKTA.

‘n Verkenningsgesprek is op 14 April 2023 met die minister gehou waartydens sy ook plaaslike oorde besoek het wat groot verliese gehad het met vloedskade in Februarie 2023.

Minister De Lille het Dinsdag ‘n vaste onderneming gegee om dringend ‘n proses te fasiliteer om die VKTA by bestaande korporatiewe toerisme-strukture soos die Tourism Business Council of South Africa (TBCSA) te laat inskakel, sodat plaaslike toerisme ten volle benut en ontwikkel kan word.

Dit sal vir klein tot medium toerisme besighede toegang gee tot amptelike regeringsinisiatiewe om hul geriewe en dienste ook internasionaal te bemark.

Die VF Plus het die minister bedank vir haar konstruktiewe benadering en die erkenning wat sy gee aan die positiewe bydrae van plaaslike toerisme tot voordeel van die land.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button