Local newsNews

Vrae oor beweerde ‘spookwerkers’ bly onbeantwoord

Munisipale bestuurder gevra vir dringende antwoorde oor die kwessie

Ses maande nadat raadslede begin vrae vra het oor beweerde ‘spookwerkers binne die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, is die vrae nog net met swye beantwoord.

Gazette het in November verlede jaar berig oor ‘n lewendige debat hieroor in die Raad se staande komitee oor Finansies (FinCom) nadat DA-raadslid Arnold Schoonwinkel gesê het hy is vertroulik ingelig dat Ngwathe ‘spookwerkers’ het wat na bewering ten volle betaal word sonder om enige werk te verrig.

In die Mangaung metro-munisipaliteit is 119 spookwerkers vroeg verlede jaar ontmasker, terwyl 26 spookwerkers ook in die Maluti a Phofong munisipaliteit aan die kaak gestel is.

Daar is veral ernstige kommer oor Ngwathe se gebrek aan ‘n doeltreffende in- en uitklokstelsel vir amptenare.

Raadslede het vroeër eenparig aangedring op ‘n volledige ondersoek na spookwerkers, en het senior munisipale amptenare die versekering gegee dat ‘n ondersoek gedoen word, en ‘n verslag daaroor op 25 Oktober 2023 gereed sou wees.

Sedertdien hoor hulle niks, sê rdl Schoonwinkel, ten spyte van herhaalde skriftelike navrae, deur hom en rdl Jan Meyer (VF+).

DA-koukusleier Carina Serfontein het vroeër vandeesweek ‘n skrywe aan die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Manele gerig waarsin sy sê dat raadslede vrae het oor of die vertraging spruit uit ‘n flagrante poging om korrupsie toe te smeer.

Sy vra dat mnr. Manele onmiddellik die beloofde ondersoekverslag asook relevante dokumente beskikbaar stel vir evaluering deur MPAC, ‘n raadskomitee met spesiale magte wat onreëlmatighede ondersoek.

So nie, meen die DA dat die Ouditeur-generaal se hulp gevra moet word.
Reaksie op die skrywe is nog nie met Gazette se ter perse gaan ontvang nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button