Local newsNews

Polisie lê beslag op R42 000 se onwettige sigarette

In nog 'n deurbraak is 'n 28-jarige man ook vir besigheidsroof in Parys gearresteer

‘n Agt en twintigjarige man is Donderdag 4 April deur lede van Tumahole Misdaadvoorkoming in samewerking met die Trio taakspan  in Parys gearresteer nadat polisielede inligting ontvang het dat die verdagte gesoek word vir beweerde betrokkenheid by ‘n besigheidsroof.

Die man sal Maandag 8 April voor die landdroshof in Parys verskyn, het polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani gesê.

‘n Buitelandse egpaar tussen die ouderdom van 23 en 34 jaar is ook vandag, Sondag 7 April in Sasolburg gearresteer vir die besit van onwettige sigarette.

Sers. Rani sê hoofwegpatrollielede van Sasolburg het Saterdag 6 April die R82 gepatrolleer waarop hulle ‘n wit Nissan NP 200 bakkie onder verdagte omstandighede opgemerk het. Polisielede het die bakkie voorgekeer en deursoek waarop 3 500 geseelde pakkies onwettige sigarette ter waarde van R42 000 gekry is.

Die bestuurder van die voortuig het nie wettige dokumentasie gehad om in die land te kan wees nie.

Die egpaar sal Maandag 8 April voor die Sasolburgse landdroshof verskyn, het  sers. Rani gesê.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button