Local newsNewsSport

Vaal de Grace laat die balle rol

Die volgende seisoen skop in Oktober af. Besighede kan nou reeds inskryf.

Die span van Vaal de Grace was die wenners van die jaarlikse Rolbal Besigheidsliga wat verlede week geëindig het vir die seisoen. Sestien spanne het mekaar die stryd aangesê.

Die volgende seisoen skop in Oktober af. Besighede kan nou reeds inskryf.

Johann van der Merwe, waarnemende president van Parys-rolbalklub sê die liga is landwyd baie gewild en klubs kan nie voorbly met inskrywings nie.

Hy sê Parys-rolbalklub dink daaraan om die kompetisie uit te brei na twee weeksaande. Wenners van hierdie twee aande sal dan na die einde van die seisoen teen mekaar meeding om die algehele wenners te bepaal.

Verder dink die klub ook daaraan om Vrydagaande ope-dae te hou om leerders, ouers en onderwysers die geleentheid te gee om ook te kan speel, sê hy

Datums sal later deurgegee word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button