Local newsNews

Tonne aartappels bring verligting voor Paasfees

Meer as 700 gesinne en verskeie instansies in Gauteng kan die komende Paasnaweek voedsame aartappels op hul spyskaarte sit. ‘n Boer wat anoniem wil bly het 34 ton oftewel 1 249 sakke aartappels aan Solidariteit Helpende Hand geskenk. “Dit is voorwaar ‘n welkome seën vir die gemeenskap net voor die Paasnaweek,” sê Chandré Oosthuizen, Solidariteit …

Meer as 700 gesinne en verskeie instansies in Gauteng kan die komende Paasnaweek voedsame aartappels op hul spyskaarte sit.

‘n Boer wat anoniem wil bly het 34 ton oftewel 1 249 sakke aartappels aan Solidariteit Helpende Hand geskenk.

“Dit is voorwaar ‘n welkome seën vir die gemeenskap net voor die Paasnaweek,” sê Chandré Oosthuizen, Solidariteit Helpende Hand se projekorganiseerder wat die ontvangs en verspreiding van die skenking behartig het.

Die aartappels is Woensdag 27 Maart by Solidariteit Helpende Hand se sentrum in Derdepoort in Pretoria afgelewer. Talle organisasies wat baat vind by Solidariteit Helpende Hand se  pogings om gemeenskappe te ondersteun en voedselsekuriteit te bevorder, kon vooraf registreer en hul gedeelte van die skenkings daar afhaal.

Die instansies sorg gesamentlik vir ongeveer 700 gesinne met ongeveer 3 500 individue.

Die aartappels sal verder verdeel word onder plaaslike voedselbanke en gemeenskapsinisiatiewe om direk impak te maak op diegene wat dit die nodigste het.

Hierdie skenking is spesifiek gemotiveer deur die ernstige behoefte aan voedselhulp wat baie gemeenskappe in hierdie tye ervaar. Dit is ‘n  gebaar wat wys hoe ‘n gemeenskap kan saamwerk om ‘n verskil te maak waar dit die nodigste is. Strukture en netwerke maak die verskil, en dit kan jy duidelik sien in hierdie geval. Dit is beslis ‘n betekenisvolle bydrae tot die voedingsbehoeftes van
duisende mense en gesinne in ons gemeenskappe, sê Oosthuizen.

Solidariteit Helpende Hand het alle rolspelers wat die skenking en verspreiding daarvan moontlikgemaak het, bedank.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button