Local newsNews

Wykskomitee takel kontrakteur oor water

Die uiteinde van die vergadering was dat 'n WhatsApp-groep, Ward 12 Info, vir Wyk 12 gestig is sodat dringende kommunikasie oor watervoorsiening vinniger aan inwoners deurgegee kan word.

Meer gereelde inligting oor Parys se watersituasie is verlede week belowe na ‘n vurige en dringende wykskomitee vergadering met inwoners van wyk 12. By die vergadering is inwoners se frustrasies met leë krane, en talle ander klagtes gehoor.

Die uiteinde van die vergadering was dat ‘n WhatsApp-groep, Ward 12 Info, vir Wyk 12 gestig is sodat dringende kommunikasie oor watervoorsiening vinniger aan inwoners deurgegee kan word.

Tot dusver werk die WhatsApp-groep goed, het DA-raadslid Marie la Cock gesê wat ook die bespreking by die vergadering gelei het.
Dit was by die vergadering duidelik dat inwoners nie net warm onder die kraag is oor krane wat gereeld droog is nie, maar ook oor slote en gate wat gegrawe en vir weke oop gelos word, vernielde randstene en opritte, en rommel wat nie verwyder word nie.

Die vergadering is bygewoon deur mnre. De Wet en Phiri, skakelbeampte (CLO) en ingenieur van die projek wat Parys se watersuiweringsaanleg tans herstel, en asbessement-waterpype met meer diensbare plastiekpype vervang, asook rdle. Saal de Jager en Arnold Schoonwinkel.

Inwoners het geen doekies omgedraai oor hul ontevredenheid en frustrasies nie – veral met krane wat gedurig leeg loop sonder vooraf waarskuwing of verduideliking agterna, en was die bespreking met tye vurig. Wykskomiteelede het ook weer gewaarsku dat woede en frustrasie oor watertekorte “besig is om kookpunt te bereik”.

Mnr. Phiri het verduidelik dat die eerste fase van die projek nou halfpad voltooi is, en dat rehabilitasie van die gedeeltes waar gewerk is, oral reeds in aanvang is.

Die amptenare het onderneem om onmiddellik meer gereelde inligting aan inwoners oor te dra. Albei die amptenare (mnre. De Wet en Phiri) het ook toegang tot die WhatsApp-groep sodat kommunikasie vinnig na inwoners deurgevoer kan word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button